is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

„Kijk, ek aard reg na die bossies tot die vaalte van mijn kleur; in die stofwolk, onweer, koue blij ek moedig, vol vertrouwe tot ek weer word opgebeur.

"Voedsel strooi die wijse Skepper ook hier met Sijn milde hand. Sappe suig ek uit die bessie, wurmpies draag ek na mijn nessie wat ek uitwroet in die sand.

„Daar waar sapp'ge vrugte uitswel

sal ek glad nie aard nie, nee! Daar is soveel nouwte, engte,

hier so ruim die breedte, lengte, soos die vlakte van die see.

"In die takke van die denne

waar ek vrij kan nessie bouw, sal die stormwind mij verjaë, mense mij met lis belaë,

liewer lij ek hier die kou.

"Hier is ek volkome veilig

in die klipskeur teen die rand, hier kom mij geen vijand hind're of bekruip die wrede kind're — ja, ek min mijn dorre land!"

En die skerpgebekte diertjie,

vooltjie met die donsies fijn, sprei sijn vlerkies om te vlugte, word gedraë deur die lugte tot hij wegdof en verdwijn.