is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

DIE AANDBLOM.

Ek het jou lief, mijn awendkind,

mijn blomm'tjie sag en teer,

ek het jou lief, mijn awendvrind,

geen hart bemin jou meer.

Vertel mij, skone awendblom,

met blaartjies sag en fijn,

lioekom sluit jij jouw oog, hoekom, net soos die nag verdwijn ?

Waarom verberg jij jouw gesig

solang die son nog skijn en rol dit in jouw mantel dig van blaartjies sag en fijn?

Ek wil graag in jouw ogies lees

die reinheid van jouw kleur,

ek wil graag nes jouw blaartjies wees vol soete, suiwere geur.

Want als die koele awendlug,

na 'n sonnegloed se bak,

sig uitbrei soos 'n sagte sug oor die afrikaanse vlak,

dan open jij met moedige blik

jouw skelme ogies vrij,

dan word jouw geure, wat verkwik, verkwistend rondgesprei.