is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Mijne is die krag,

wat sterkte verag.

Waar mijn asem al hijgend, die lugruimte deur, reusebome uit hul standplaatse skeur,

wortels, in die aarde se boesem deurvleg, aan mekaar in klemmende omhelsing geheg, verpluk en verbreek met ruk en slag dis mijn krag!

lot berge jaag ek die golwe der see,

wat dans in hul woestheid oor skepe benee;

en met magtige swaaie gewentel ter neer heiskep ek hul tot gapende leegtes weer. "V an sidderende dampe, uit die aarde gesteë,

bouw ek wolke-gevaartes langs blouwheldere weë; waar ek speel met mijn wolke in die lugte se wei, is vrijheid se weelde vir hul en vir mij.

tk klaag oor kragte wat kwijn en vergaan ; oor bewende knieë wat swik agteraan,

waar die Doodsengel lei; oor die wenkende lag van die vrug, waar die siekte al hongerend in wag oor die laaste gesnik van 'n sterwende held,

gesak in die worsteling teen oormags geweld;

oor 'n kindjie wat kerm bij die moeder om brood, wat sterwe van honger in moeder haar skoot.

Ek treur met die mense, met wie rouw en ween, waar ek fluit van verdriet om die huisgewels heen en al wenende hang aan die slot van die deur, smekend om ingang tot die woning wat treur.' Die sug van mijn asem laat die grassaad bewe,

waar ek eensame grawe se heuwels oorswewe, tot mijn fluister-geklaag in die eensaamheid sink.