is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

DONDERWEER.

"V erlate staan eb, stil en heel alleen,

en diep versonke in 'n vér gedagte.

Die nag se duister 's als die swart vereen, van tienmaal duisend maan-verlate nagte.

Toen breek die onweer met sij donderkragte en vure los en slaat die nag, wat ween,

wijl hewig stoei in stijf verset, als wagte van haar, die denne aldeur haar trane-reën.

Ek skrik — beklem, ontroer deur al die strijd,— maar weldra wentel daar deur wolke-rete 'n sterre-heir en strooi 'n vrede gloor

oor eensaam woning en oor velde wijd.

Stil le die Heelal, groot en ongemete, geheime-swanger, in sij eeuwe-droom verloor.

OGGENDDROOM.

Ek lê te sluimer in 'n bos van eike en droom: in luswarande dool ek rond.

Eerbiedig wandel ek oor heilig grond en smaak die glorie van God's koninkrijke.

Die bome staan, behang met diamante,

als pronksierade in 'n weelde-woud.

Daar droom een kronkelstroom van vloeiend goud,

waarop gevare kom God's heilgesante