is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

in blom-versierde bootjies, wind-gedrewe. Uit engele-kele ruis een welkomslied:

Hul lok mij aan, hul kom mij vreugde bieddie vreugde-gawe van 'n eeuwge lewe.

Groots klink die melodie, so skoon gebore, en wek op snare van mijn week gemoed 'n vreugde-trilling, magtig-vol en soet.

Ek staan vervoerd, in weelde-gloed verlore....

'k Ontwaak -... • deur oggendson-gekuste blare tuur loof-gestreelde strale op mij neer als milde seën-groete van die Heer! In boom-gewelwe sing die voëlskare.

DAGERAAD.

Die daagraad kruip die dieptes uit, uit stille nag gebore,

en vleg 'n krans van pêrelglans om slape van die möre.

Hij sweef op goue vleuels aan en rij op wolke-some:

Daar 's glimlag op die bergerij, daar 's blijdskap in die strome.

Hij skuif die wolle deken weg van bergekruin en hange en wek, so doend, 'n weelde-blos op bolle rotse-wange.