is toegevoegd aan uw favorieten.

Tijd en taak; religieus-socialistisch weekblad, jrg 50, 1952, no 57, 08-11-1952

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

TYD EN TAAK VIRDIE AFRIKAANSE VOLK

In die uitgawe van 25 Oktober het „Korzelige Kes” enkele kant-aantekeninge gemaak by sekere opmerkinge van twee Suidafrikaanse studente in „De Telegraaf” van 11 Oktober. Dat ondergetekende, as één van die twee studente, sy „broederlijke vermaning”, soos dit genoem word, waardeer, spreek vanself. Daardeur immers word getoon dat ons Hollandse broeders dit erns meen met die christelike medeverantwoordelikheids eis, te meer nog daar dit gaan om ’n verantwoordelikheid teenoor ongekerstende en grotendeels onbekeerde volke soos die naturelle volke in Suid-Afrika.

U belangstelling as sodanig, in ons optrede teenoor die naturelle sou ek dus nie as die uiting van ’n bemoeisieke gees wil bestempel nie. Alles hang egter af van die karakter en die aard wat hierdle houding aanneem. En dan wil ek U graag onmiddellik verseker dat U belangstelling nie hoef uit te groei tot, of te verander in ’n pynlike getroffenheid of ’n „opregte” veronrusting nie, want dit is m.i. die noodwendige gevolg van ’n verkeerd gefundeerde, en ’n grens-oorskreidende belangstelling.

Die vrae van „Korzelige Kes” wat genoemde foutiewe fundering impliseer, wil ek graag kortliks beantwoord:

Ten eerste vra hy: „Waar blijft het Christendom als gij de naturelle niet gelijkstelt?” Word daarmee nou bedoel dat die enigste vorm van Christendom gegee is in ’n gelyk-gestelde mensheid? Is ’n gelyk-heid van alle mense dan ’n sine qua non vir die Christendom? Indien dit wel die geval was sou daar seker nooit ’n Christendom kan bestaan nie. Want één van die mees grondleggende waarhede van die Christelike geloof is dat daar in Gods skepping wel eenvormigheid bestaan, maar daar naas ook, en ewe fundamenteel, ’n verskeidenheid van rasse en volke. Nie die opheffing hiervan, maar juis die handhawing daarvan, is die voorwaarde vir die Christendom.

Omgekeerd beteken nie-gelykstelling, d.w.s. apartheid, nie dat daarmee die Christendom In die gedrang kom nie; want apartheid beteken nog geheel-en-al nie die ontkenning van menseregte, of die uitbuiting van die naturelle nie. Inteendeel dddrmee meen ons juis om aan die naturel ’n geleentheld te gee, waarop hy immers geregtlg is, vir sy verdere ontwikkeling en geestesontplooiing in die vir hom daartoe bedoelde bane.

Genoemde vraag Impllseer verder, ten onregte, ook die opheffing van alle skeidinge: ekonomies, polities, sosiaal. As gelykstelling die Christendom moet moontlik maak, dan moet byvoorbeeld die standeverskille op soslale gebied—wat in Europa, en veral in V eie land sterk aanwesig is —- die Christendom prinsipiëel weerspreek; en nou moet U tog toe gee dat daar ten spyte van die stande-verskille, selfs in sosialistiese kringel, tog ’n groot aantal Europeane is wat hulle self Christene noem.

’n 'Vertikale apartheid, soos die Afrikaanse volk bedoel, is inderdaad te verkies bó die horisontale apartheid van standeverskllle I!

Die beginsel van apartheid erken die soewereiniteit van elke volk, erken die spesifieke taak van elke volk wat die beste uitgeleef kan word in die handhawing van die identiteit van elke volk; dit erken dif-

ferensiasie van volke, kulture en tale, maar § sluit dan ook nie uit ’n harmonie van derglike differensiasies nie. 1

Opheffing van apartheid sal lei nie alleen tot die verdwyning van die Afrikaanse j volk nie, U noem hierdie motief egoisme i en selfbehoud, en indien dit die enigste ( motief was, dan het U volkome gelyk gehad, i maar nou is dit nie die enigste motief nie! ( maar ook tot die verdwyning van die naturelle volke.

Die inspirasie vir ons beleid is dus veel meer en veel dieper as net „puur zelfbehoud”. Juis in die beginsel van apartheid en die toepassing daarvan, trag ons ook voorsiening te bied vir die nood van ongekerstende volke, en probeer ons ons christelike beginsels nie net as gesindheid te handhaaf nie, maar ook in dade te realiseer. Dat apartheid onderdrukking, uitbuiting en onchristelikheid beteken, is van alle waarheid ontbloot, en dit word toegestem ook deur Nederlandse geleerdes soos Prof. Waterink, en Dr Gravemeier, wat eerstehandse kennis in Suid-Afrika self op gedoen het, en derhalwe nie alleen van verdraaide, tendensieuse koerantverslae afhanklik is, soos meeste van diegene wat in die buiteland sit en hulle opinie uitspreek oor ons apartheidsbeleid.

Suid-Afrika staan m.b.t. sy apartheidsbeleid (wat gesteun word deur die regerende party, sowel as deur die opposisle) nie alleen nie. Amerika doen in sekere state presies dieselfde dadr is dit toelaatbaar, omdat ons ekonomies aan haar verbonde is, maar in Suid-Afrika is dit onchristelik!!

Ten tweede word gevra: „wie (zijn) de oudste en eigenlijke inwoners van Afrika?” Deur slegs van Afrika te praat het die daaropvolgende argument skynbare trefkrag, maar uit die hele betoog is dit duidelik dat slegs Suid-Afrika bedoel word. En daardeur word die skyn dan inderdaad ook ontbloot. Dit is nie my bedoeling om hier ’n geskiedenis van ons land te her-skrywe nie.

graag verwys ons belangstellendes, hulle wat hulle alreeds oor die probleme van ons land uitgespreek het, en hulle wat dit nog wil doen, na die daarvoor bedoelde geskiedkundige handboeke, waaruit duidelik sal word dat die geskiedenis van Afrika, en die geskiedenis van Suid-Afrika nie dieselfde is nie. Maar daaruit sal ook blyk dat die Kaffers nie door oorspronklike inwoners van Suid-Afrika was nie. Die Bantoe-ras (Kaffers) het vanaf die Noorde van die land na die Suidpunt van Afrika getrek, sodat hulle teen die einde van die 17e eeu langs die Suid-ooskus van Afrika nog nie verder was as die huidige provinsie Natal nie. 'Verdelgingsoorloë tussen die kafferstamme onderling het hierdie trek suidwaarts aangehelp en dit was met hierdie stroom wat die Trekkers uit die Kaapprovinsie gebots het.

Zo maar 'n plaatje, dat helemaal niet past bij deze, gure natte, herfstdagen. Een prettige herinnering aan uw zomervacantie.

Waarom die „kwestie dubbel pijnlik aandoet” in die lig van hierdie feite, is nie verklaarbaar, behalwe uit ’n onbekentheid met die ware toetragVan saké.

Ten slotte word gevra of daar „geestelijke” argumente bestaan vir ons beleid. As eersgenoemde argumente nog as „materialisties” bestempel word, dan gee ek toe dat ons in Suid-Afrika nie weet wat „materialisties” is nie; maar dan moet ook toe gegee word dat „Korzelige Kes” nie weet wat „geestelik” is nie.

Benewens hierdie godsdienstige rede vir apartheid, waaroor hier enkele gedagtes uitgespreek is, bestaan daar ook nog politieke, ekonomiese en maatskaplike redes.

Uit d i t alles spreek egter die overtuiging van die Afrikaner dat God sy volk geroep het om die Christendom in die Suide van Afrika te verbrei en dat hy dit wil doen en alleen kan doen 'met die ope Woord van God, en die dadrin gefundeerde rassebeleid d i t is die waarhede waarvoor en waaruit die Afrikaanse volk lewe en sal sterwe. J. A. HEYNS