Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

proses langsamerhand al meer om hom gryp, en vir Engels, waar hy hom verder gekonsolideer het as in watter Germaanse taal ook al. Soos hulle op die Afrikaanse verskynsel kan lig gooi, kan die Afrikaanse verskynsel op sy beurt neer lig versprei.

Maar afgesien hiervan het ons ryklik geleentheid om die opposisiebeginsel in die taallewe treffend te bestudeer, 'n beginsel waaraan ons geleidelik meer aandag begin te heg in die taaiwetenskap, namate die linguïstiese metode ons taalbeskouing stygenderwys beheers. Dit sal darem nog lank duur voor ons die volle betekenis sal gaan besef van bv. homonieme-studie i.p.v. differensiasie in taal, dog homonieme beskou as 'n aspek van 'n breë verkynsel wat hom ook in die vormleer en sintaksis kenbaar maak. Of Marty se leer, die fonolië se insigte e.d. ons nie tot so 'n studie in breë lyn gaan bring nie ? Juis by die -s- pluralisasie, waar as gevolg van die opposisie-beginsel die -s- uitgang in die gebruik 'n nuwe waarde begin kry wat dan die deurslag tot sy algemeenwording gee deur sy groter belang in teenstelling met ander representatiewe waardes, bied die verskynsel ons weer 'n interessante kant.

Nogeens moet ek beklemtoon dat ek in die deel wat hier aangebied word, die filologiese metode toegepas het — uit die aard van die saak (vgl. die Indeling). Hoewel die nuwe beskouingswyse stadigaan baanbreek, maak dit nog die periode van uitbouing deur. 'n Ander more het egter aangetrek en dit sal 'n mooi dag word.

Wat die „Hoofstukke" betref, dien opgemerk te word dat die kapittelering eintlik 'n kapitulasie is aan die gewoonte om in te deel. Die Hoofstukke I en II is alleenlik te verstaan as die aanduiding van twee aspekte uit die Indeling soos ek dit gegee het op bis. 63. As hierdie werk eers volledig af is, behoort die verhoofstukking ook in ooreenstemming met die Indeling te wees. Die Inleiding sal dan ook nie so lank lyk as dit daar nou uitsien in sy verhouding tot wat in die Hoof stuk-gedeelte gelewer is nie.

Sluiten