Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

afgeskryf. Steunende op hierdie Hollandse kromtaal in die mond von Hottentotte kom Viljoen tot die gevolgtrekking: „Dass die Sprache schon lange den Weg der Abschleifung eingeschlagen batte, erhellt aus den wenigen Beispielen die uns Kolbe überliefert, mit völliger Sicherheit. In einigen Punkten hat sie auf diesem Weg schon ihren heutigen Charakter angenommen" (t.a.p., bis. 27). Hoewel Viljoen later gaan opsom dat Afrikaans vóór 1806, vóór elke aanraking met Engels sy „hyperanalitischen Charakter" gekry het, wil hy nou laat deurskemer dat die proses ten dele teen die begin van die vorige eeu, toe Kolbe aan die Kaap was (1705-1713), voltrek moes gewees het, en verder in die gang van voltrekking was. Geen wonder dan dat die wat hulle op Viljoen beroep het, en

in de buik zuypen ? (526) / Die man toverman, die man ja tover makum zoo (526) / Gy ons immers dood maakum als ons die Goeds zuipen (526) / Ey vrouw die Tovergoeds ja zoo bytum, ons ik ka me niet verdragen (528) / Vrouw jou Tovergoeds bra bytum, dat is waar, maar jou Tovergoeds ook weer gezond makum, dat is ook waar. Ons Tovermanns, zeide hy verder, kame niet helpen, maar die Duits Tovervrouw ja bra, die kame helpe //, dit het hy as 'n bedanking gesé „zoo goed als ik het ooit van een Hotten tot gehoord heb" (528).

Uit Deel II: ... dat zulks ziekum of ongezond is (4) / Die volk ja denkum ons beesten, hal ons zoo makum als de Honde? wat manier is dat? ons zoo, want het deugum niet (30) / Rackwn. stok (16) / Wat jou Hert denkum? // Wat hy in zyn hert denkt? (50) / Die goed ons ja beitum, en ons bloed op| vretum, waar om ons die goeds niet weder beitum en op vretum (66) / Die Gift al gedaan dood, wie kan hy meer wat schaden (114) / Die Tovergoeds ja braaf (162) Wagtum, die Tovergoeds niet sterk genoeg, ons ja een ander makum, die ja braaf sterk (162) / Vrouw die Tovergoeds bytum als de Duivel, wat makum zoo? (163) / Hottentotsch manier zoo (167) //.

Dit dien altyd onthou te word dat Kolbe in Duits vir Duitsers geskryf het, ons sal dus nie uit die spelling van bv. fangum mag aflei dat die aanvangskonsonant stemloos moes gewees het nie.

Ook ander opmerkers deel ons iets oor hierdie eienaardigheid van 'n suffiks -ton mee as 'n tipiese verskynsel van Hotfenfors-Nederlands. Bv. by Wikar kortom vir 'n kort stukkie tabak (t.a.p., bis. 82), in 'n voetnoot aldaar word nog uit ten Rhijne aangehaal „De lingua eorundum: ... nisi illi, qui dudum prope fortalitium vitam transegere, nostratibus se accommondent, plurima Belgica vocabula, sola terminatione diversa callentes. Omnia ferme finiunt in kom, ut tabackom, tabacum, kortom, portiuncula, horom, audire 6c." In Tappens se Ost-Indische Reisebeschreibung (MDCCIV) word ook Kytkykum en Tabackum opgegee (aanhaling in Reizen in Zuid-Afrika, II, 6.)

Sluiten