Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

vorm wat by die blankes die algemene was. Miskien kan ons om gerieflikheidshalwe 'n datum te kies, sê dat ons vanaf 1775 definitief van Afrikaans kan begin praat, vanaf 1800 van Afrikaans moet praat, 'n Afrikaans egter wat besonder ryk aan dubbelvorme moes gewees het, soos die dialoog van Teenstra ook enigsins aandui.

Von Wielligh spreek hom oor die ander aanverwante vraag, die gebied waar Afrikaans ontstaan is, baie duidelik uit. „Om vir ons doel vir spraakvergelyking 'n naam vas te stel vir die bodem waar Afrikaans sy taalvorm gekry het, sal ons die streek tussen die see, die Bergrivier en die Hottentots-Holland-gebergte die Bakermat van Afrikaans noem" (Ons Geselstaai, Pretoria, 1925, bis. 14). Dog die uitspraak is te stellig. Dit is waar dat die Kaapkolonie ons ons taal gegee het, maar dat dit juis die Boland is, wil ek nie toegee nie, al het dit waarskynlik die vernaamste bydrae gelewer. Dit is vandag juis opmerklik hoedat ons van 'n Bolandse en n Onderveldse uitspraakwyse moet praat as teenoormekaarstaande. Omstreeks 1775-1780 sou 'n mens waarskynlik van 'n Westelike en 'n Oostelike norm gepraat het — insover dit dan sou bestaan het. In beskaafde kringe is dit vandag die twee belangrikste vorme, nl. 'n Bolandse en Onderveldse. Dit is, o.m. ook een van die redes waarom ek meen dat proff. Viljoen, Boshoff, e.a. te veel waarde aan die argument heg dat dit noodsaaklik is om in die groot mate van uniformiteit die bewys te sien dat Afrikaans op 'n ruimtelik betreklike klein gebied moes gevorm gewees en vandaar verder moes uitgebrei het. Dat dit nie so hoef te wees nie, bewys die betreklike dralekvrye uitspraak van Engels in Noord-Amerika, Australië en in Suid-Afrika self, waar die norme telkens in 'n meerdere of mindere mate verskil van die wat in Engeland gehuldig word. Die ruimte-aspek is maar een onder baie in die uniformering van 'n spraaknorm.i) Insover dan as ons in Afrikaans argumentshalwe twee

*) Nes ons die opvallende eenheid konstateer van die Afrikaanse spraaknorm, is die eenheid ook opmerklik by ander uitinge van die Afrikaanse gemeenskapsgees, bv. in die godsdienspleging (tot omstreeks 1850), die republikeinse regeringsvorme, of meer spesifiek, die eendersheid in die volkspoësie, die bygetowe en volkskundige uiting in die algemeen. Hoofsaak is die aspek van verkeer, van samelewing, nie van ruimte nie. Verkeer gedurende die Groottrek is gewigtiger as verkeer op 'n klein gebied.

Sluiten