Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

dialektiese uitspraakwyses ondersoek en daaruit gevolgtrekkinge gemaak. Prof. W. J. Viljoen se tweede stelling lui: „dass der Grundstock (van die Afrikaanse) Lautsystems auf der Volkssprache Nordhollands beruht" (t.a.p., bis. 58). Dr. Boekenoogen (Album Kern, 1903, bis. 245, e.v.) sien veelmeer ooreenstemminge in die dialekte van Suid-Holland, terwyl dr. M. R. Breyne in sy Rostockse proefskrif Der Einfluss Guido Gezelles auf die Südafrikanische Literatur mit einem Hinweis auf die lautliche und lexikalische Verwandtschaft beider Sprachgebiete (1925); dr. Boeckenoogen in sy argumente op die voet gevolg het, en tot die besluit gekom het dat Wes-Vlaams veral in die verband in aanmerking kon kom (bis. 32, e.v.). Hierdie Vlaming en Aktivis, wat soveel verdienstelike werk ten opsigte van ons taal aan die Friedrich-Wilhelms-Universitat te Berlyn verrig, was veral getref deur die feit dat hy in 1924 by geleentheid van sy eerste besoek aan Suid-Afrika, so goed met sy Wes-Vlaams by ons Boere oor die weg kon kom. Dit het hom aan die dink en werk gesit waarvan bogenoemde studie die uitkoms is, 'n studie wat egter van meer goeie wil as van taalkundige insig getuig, 'n Ander landgenoot van hom, dr. J. Francken, het vroeër te Gent op 'n werk van dieselfde strekking gepromoveer (vgl. G. Besselaar ZuidAf rika in de Letterkunde, Amsterdam, 1914, bis. 201).

Hulle kan tog nie almal in hulle uitsluitlike houding reg wees nie. Die moeilikheid is juis die werkmetode. Afrikaans lê reeds byna 'n drie eeue weg van die tyd toe die verskillende dialekte na Suid-Afrika oorgeplant is. In die dialekte mag baie eienaardighede juis ontwikkelinge wees uit die 17e eeuse gegewens, parallel met die groei van die verskynsel in Afrikaans. En wat van die gesigspunte soos aksentuering, e.d. ? Maar by dit alles weet ons nog so min van die dialekte af. Die klanke is tog nie alles wat aandag verdien nie.

Probeer ons om die ou dialekte te rekonstrueer uit die boerde, klugte en streektalige aanduidinge in die 17e eeuse geskrifte, dan is die moeilikheid alweer om die gegewens na hulle juiste waarde te skat. Die skryftradisie is so sterk dat die voorstelling van 'n klank deur middel van skryftekens natuurlik langs die konvensionele weg

Sluiten