Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

typus im Afrikaans (Bonn, 1928). In hierdie langnamige klein werkie wy hy 'n hele „Abschnitt" (III) aan „Die Dialektvermischung" (bis. 48-58). Ongelukkig is dit weer 'n teorie wat dan meer moet verklaar as dit kan. Hy wil bewys hoedat die „flexionsarme, man könnte beinahe sagen, flexionslose Afrikaans" sy karakter uit sluit lik te danke het aan die vermenging van die Nederlandse en Nederduitse dialekte wat aan die Kaap gepraat is tussen 1657-1685. „(Es) wird uns deutlich, dass ... das Afrikaans schon früh seine heutige Gestalt erhalten hat. Denn bereits im Jahre 1685 wurde an dem Kap eine vom Niederlandischen stark abweichende Sprache gesprochen" (bis. 48). Dit lyk asof Afrikaans teen 1685 „seine heutige Gestalt" gekry het, in minder as dertig jaar dus na die vestiging van die eerste Vryburgers. Dit is presies die bedoeling van dr. Wittmann. Waar hy die ontwikkeling in tydvakke indeel, praat hy van „2. Die Periode des Ausgleichs innerhalb der dialektisch abweichenden Grundsprachen (bis 1687)". Die derde periode is die van „Deflexion als Resultat der Dialektmischung (seit 1687)" (bis. 57).

Dit is tog 'n al te enge opvatting, getuig van 'n moedswillige blindheid vir die feite wat die geskiedenis leer; dr. J. Wittmann stel hom die verloop te kinderlik eenvoudig voor, gaan uit van onvoldoende gemotiveerde veronderstellinge en ongewettigde verklaringe. Bevoorbeeld, direk na die algemene uiteensetting van wat dialekvermenging kan verklaar, en na gepostuleer is dat Afrikaans sedert 1687 „seine heutige Gestalt" verkry het, word opsommenderwys 'n grammatika gegee, blykbaar as bewys van „das Resultat der Dialekmischung". Dit is tog raar dat Afrikaans in minder as dertig jaar natuurlik, van binne-uit sulke verrassende veranderinge sou deurgemaak het, en in die volgende jare (van 1687 tot 1928) nie „eers 'n spier trek om te verroer nie".

Daar sit bepaald veel in die opvatting van gelykmakende werkinge wanneer sprekers van verskillende dialekte in die omstandighede kom dat hulle heelwat met mekaar omgang moet hê. Trouens, dit is een van die belangrikste faktore wat die behoefte aan 'n standaardtaal en -uitspraak orals en altyd skep. Persone soos Jespersen, wat hulle o.m. met statistieke besiggehou het aangaande

Sluiten