Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

opvallend dat dit altyd opduik.*) Die persoon wat ons die historiese besonderhede oor die gesinsgrootte en die opvoeding van die kinders, hulle speelmaats en meer, deeglik gaan verwerk, daarby ook op Coetzee en Colenbrander steun, en verder probeer om die plattelandse syfers en gegewens afsonderlik te behandel, sal met die verdiende dankbaarheid van die belangstellendes ryk beloon word. Per slot van sake is dit ook nie so'n moeilike werk nie!

En wat beteken 'n klomp klein kinderkolonies in gedurige kontak met mekaar (soos in die vroegste periodes) al nie vir die groei van 'n taal nie! Om my net by 'n paar van die bevindinge van Jespersen in sy samevattende werk Language te bepaal aangaande die kind en sy taal:

Die invloed van die moeder as taaigeefster mag nie onderskat, maar ook niet oorskat word nie. Uiters belangrik is die invloed van die omgewing, van die speelmaats, in elk geval belangriker as die van die moeder. „Thus, in two families I know, in which a strong Swedish accent in one mother and an unmistakable American pronunciation in the other, have not prevented the children from speaking Danish exactly as if their mothers had been born and bred in Denmark ... The father, as a rule, has still less influence, but what is decisive is the speech of those with whom the child comes in closest contact from the age of three or so, thus frequently

1) Hier volg drie aanhalinge oor die kwessie van groot gesinne, een uit die begin van die agtiende eeu en twee uit beskrywings teen die einde van die eeu, dus van die „kritieke periode".

Kolbe meld: „Men vind derhalven (dit slaan op 'n vorige sin hoedat vrouens die bywoning van hulle mans ywerig bevorder) in de huizen zeer veel kinderen; en kan ik met waarheid zeggen dat in de meeste huizen 6, 8, 10, 12 en meer

kinderen worden gevonden" (ta.p., I, 390); of: maar men vind nog in de

meeste huizen dikmaals 10, 12 of 15 kinderen, die alle gezond en frisch ziin" (I. 62).

By Vogel lees ons o.m.: „De huisgezinnen bestaan in dit land gemeenlijk uit zeeven tot zeevennen en menig een ook wel uit meer kinderen." (Dertigjaar ige Zeereizen van H. Vogel... Den Haag, 1708, dl. II, 353).

Barrow getuig: „Zes of zeven kinderen in een hulsgezin is weinig, van twaalf tot twintig is niet ongemeen; de meesten onder hen trouwen zeer jong, zoo dat de bevolking hier zeer schielijk kan toenemen" (t.a.p., I, 106).

Sluiten