Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

byna suiwer Nederlands (99% % sê prof. J. J. Smith), en wat vreemd is of 'n nuwe waarde gekry het, kan byna telkens uit die veranderde omstandighede van 'n nuwe omgewing verklaar word. In die sinsbou ewe-min, wat hier ongewoon mag voorkom is merendeels ook bekend in die Nederlandse dialekte van vandag, of is verklaarbaar uit die fleksie-armoede van Afrikaans (ek dink nie aan die Anglisismes van latere datum nie).

Die groot uiterlike verskil sit daarin dat Afrikaans in sy vormleer soveel eenvoudiger, d.i. meer gedeflekteerd, uitsien as Nederlands. (Vgl. T. H. Ie Roux, t.a.p., blss. 12-13).

Dit is presies wat ons teoreties sou verwag het as ons kennis van die vroeër-genoemde faktore gehad het.

Dan is dit my onmoontlik om te sien hoe 'n mens ooit ernstig daaraan kan dink om met een dialek ten grondslag van 'n verklaring van die Afrikaanse wesenheid te lê, of net een taal — of selfs alle tale wat in aanmerking kan kom, tesame — of net die kindertaal, — of enkel spontane groeiing geïsoleerd besien.

Die één het veral op 'n paar vreemde woorde en ander idiotismes gelet, en 'n teorie van talebotsing gesoek en gevind; die ander op die vereenvoudigde vormleer, en het ontwikkeling langs die weg van natuurlike groeiing wou aanneemlik maak.

Prof. Bosman het 'n middeweg ingeslaan. In die begin het hy aan die invloed van vreemdelinge wat Nederlands krom praat, geglo, maar dit naasaan en in samewerking met natuurlike ontwikkeling gestel (1916). Later het hy ook aan die rol van die kind sterk aandag gewy, nadat prof. Boshoff hom 'n verwyt daarvan gemaak het dat hy die aspek te veel verwaarloos het, en op die faktore van isolasie het hy ewe-eens gewys, maar sonder om die draagkrag daarvan duidelik te maak.

Vir my is prof. Bosman nog altyd die naaste aan die werklikheid soos ek dit sien.

Nie in één van die faktore is die verklaring te vind nie, maar in almal in wisselwerking, en wel so dat die een nou, die ander dan, in sy volle draagwydte tot openbaring kom. So glo ek saam met dr. J. Wittmann dat dialekvermenging met sy neiginge tot een-

Sluiten