Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

word, dat 'n mans al daarom in baie punte net voorlopig stelling moet neem. My onderwerp hang nie daarvan af nie, dit hang daarmee saam, dog dit het al sy belang.

Waar ek dus tot 'n keuse geforseer is, het ek uit afdeling A my bepaal by die twee punte wat my die belangrikste en vrugbaarste toegeskyn het: Verkleinwoorde (suffiks -er/ie of ~kie) en Die Omringing van n Kern deur Partikels, soos dit veral sy neerslag in die nie ... nie-verskynsel gevind het. Hier word oor die twee punte nie die eerste woord gesê nie, en bepaald ook nie die laaste nie. Ek het my daarvan onthou om algemene konklusies uit die twee gevalle te trek. Dit is eers veel later geregvêrdig.

Oor die spelling 'n woord, 'n Tradisie was geskep en daar het vrede geheers. Maar dis die eeu van diktators ook buitekant die politiek. Uit Stellenbosch word deur prof. J. J. Smith 'n stryd gevoer teen die „Semiete" in ons taal, die vreemde woorde. Hulle sien daar te Afrikaans en te nasionaal uit. Verwarring het deur die agitasie ontstaan, kompromisse is gesluit, die skrywers moes hulle lessies weer opnuut leer, maar dit het geskyn asof die onrus wat teen die middel van 1930 geheers het, verbygaan. Weliswaar kon 'n mens nou tussen baie dubbelvorme kies, maar dit het tog gelyk of die vreemde woorde (wat nie altyd so maklik te bepaal is nie) uiteindelik op die vreemde manier gaan gespel word, *n indruk wat veral gewek is deur die „Lys van Wysiginge" (1932) wat die Akademie by hulle toe pasverskene Afrikaanse Woordelga en Spelreêls (Bloemfontein, 1931) cadeau gee. Die paar vreemde woorde wat ek gebruik het, is toe ooreenkomstig die wysiginge wat „dus geen officiële stempel dra nie" gespel omdat „(ons) meen te kan verseker dat al die belangrikste wysiginge wat die volgende Woordelys sal vertoon, hierin (in die Lys van Wysiginge) vervat is" (ald.). Maar nog is die einde daar nie. Begin Junie 1933 gelas die nuwe Minister van Onderwys die Hoofvertaler om nie die prof. Smith-rigting te volg nie maar hom na die voorskifte van die Suid-Afrikaanse Akademie te rig. en in geval van dubbelvorme by vreemde woorde die voorkeur aan die Afrikaanse skryfwyse te gee bo die internasionale spelwyse. Wie self geen diktator kan

5

Sluiten