Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

nooit op die wyse verbaal-gebesigde verkleinwoorde van gewone werkwoorde nie. Die Afrikaanse kinders praat egter ook nie so onder mekaar nie. Dit is die moederlike kindertaal wat hierdie voorbeelde vertoon: dit kom enkel en alleen van die seniores, maar staan in die teken van die kind. Dit geld ook van die verkleinde tussenwerpsels. En hoekom noem dr. Hoge nie ook die voorsetsels nie / Lê oppies die bedjie // ? Wanneer die kind dan sy belangrikste speeltuig, die tong, so beheers dat hy al begin gedagtetjies uit, sal hy, die na-skeppende, die antropomorfiserende, al op hierdie bane wat moeder, om een te noem, aangetoon het voortgaan. Ander faktore kan bykom, maar dit vereers daar gelaat. Dis duidelik hoedat die twee rigtinge ten slotte in die kindertaal konvergeer, „dass die Diminutiva ihr Reich vor allem in der Kindersprache haben" (Wrede, t.a.p., bis. 136).

Waartoe hierdie van-binne-uit werkende faktore moet lei as die uitwendige gebeure, die omgewingsfaktore, dit nog boonop kragtig kom steun in die omstandigheid van kinderrykheid, meen ek in die Afrikaanse taal te sien. Telkens kom 'n nuwe burgertjie by om die ander te verbly, om geliefkoos en vertroetel te word, om die kinderkolonie self sterk te maak. Dus telkens is daar 'n verjonging van die twee rigtinge, en 'n versterking van die taalgewoonte van buitekant af (die meerderes) en van binnekant af (sy gelykes).

Dit lê heeltemal buite my bedoeling om na te gaan in hoeverre die rykdom aan verkleinwoorde in verwante tale dieselfde uitwendige feite aantoon of 'n ander beeld te sien gee. By een opmerking laat ek dit. Europese reisigers uit heel die vasteland en van Engeland vertel onophoudelik in hulle beskrywings van die betreklike grootheid van die kaapkoloniale plattelandse families in vergelyking met wat elkeen van sy eie nasie (kontemporain) weet. Dan lei ek net af dat die Boere-families kinderrryker is in die algemeen, maar die Boere dan as 'n nasie gestel langs hulle eie, dus nie die Boere as boere (wat die Afrikaners voor 1900 byna almal was) gestel langs hulle eie land se boere nie — 'n belangrike oorweging, waarvan veel afhang om eers werklik te kan vergelyk. Ook by ons is die groot gesinne veral op die platteland aangetref.

Beskou ons Afrikaans nou in sy standaardvorm t.o.v. die

Sluiten