Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

HOOFSTUK II.

KERNOMRINGING DEUR PARTIKELS. NIE () ... NIE.

Onder die sintaktiese1) eienaardighede van Afrikaans het geeneen alleenstaande soveel aandag opgeëis as die sogenoemde „dubbele ontkenning" nie. Almal wat in taalkundige opsig in Afrikaans belangstel sien hierin iets sonderlings, en iets wat wel 'n besondere verklaring verdien. Onlangs het prof. A. C. Bouman in 'n monografie die probleem o.m. weer aangepak, waarin hy in hoofsaak sy bewering soos neergelê in 'n artikel wat vroeër in De Nieuwe Taalgids verskyn het, breedvoeriger uitgewerk het. Ook sommige buitelandse geleerdes wat hulle nie andersins veel met Afrikaans besig gehou het nie, het tog aandag aan die kwessie geskenk.

Die redes vir hierdie belangstelling is vereers van 'n logiese en van 'n sintaktiese aard.

Vandag tog word die saak nog as 'n algemene reël so voorgestel dat twee ontkenninge tesame 'n uitó^rulddng positief in strekking maak. Die Litotes toon in Latyn bv. juis 'n verhoging in die rigting aan; vgl. „non sine laude" — „met groot lof". Hoe groot die invloed van hierdie „logiese" beskouing van Latynse standpunt uit op die wordende Germaanse skryftaalnorme gewees het, kan nie altyd met al te veel stelligheid uitgemaak word nie. Maar grammatici skyn tog eensgesind van oordeel te wees dat die eenmalige gewone dubbelvoudige ontkenning in Ou- en Middelhoogduits (om van ander tale nie te praat nie), juis om die oorweging van die klassieke model in die skryftaal die wyk moes neem.

In Afrikaans het ons egter 'n taal wat 'n negatiewe gedagte uit deur tweekeer ontkenningspartikels te besig, wat tog na 'n logiese

*) Hier, en deurgaans in die hoofstuk, word „sintakties" in die tradisionele betekenis aangewend. Dit is beter so, want in sommige aanhalinge verder by ander taalvorsers word die woord ook so gebruik. Om geen onnodige verwarring te veroorsaak nie, het ek my hier die afwyking veroorloof.

Sluiten