Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Winkel het al op 'n moontlike aanwesige neiging afkomstig uit die oorgeërfde voorraad gewys (en ... nier by Mansvelt; dit en gevalle soos nooit ... niet, niemand ... niet by te Winkel), maar telkens het hulle nog n faktor meen te moet byhaal. Prof. Hesseling. wat in 1923 die verklaring van prof. Bouman as „aanneemlik" aanvaar, (Het Afrikaans, blss. 101-2) het in 1899 die vraag onbeslis gelaat of hier van ondening dan wel van „spontane ontwikkeling" sprake moet wees( Her Afrikaansch, blss. 117-9).

Duideliker spreek dr. Bosman hom in 1916 uit. wat hierin *n geval van „oorerwing uit die 17e eeuws Nederlands, met die moontlikheid dat die gebruik in Suid Afrika uitgebrei is", sien (Afrikaans en Mateis-Portugees, bis. 84). Later word hy weer vaag oor die punt. en die vermoede ontstaan dat hy nou meer aan „spontane ontwikkeling" begin glo. Hy het dit nie meer oor die terrein van herkoms nie, maar oor 'n „aanneemnke" verklaring van die wording self, nl. langs die weg van sintaktiese kontaminasie. Dit is eintlik bevreemdend dat C. J. van Rijn. gesien die voorbeelde wat hy uit die Nederlandse volkstaal bybring. en gesien wat hy begerig is om te verklaar, bereid is om hierdie verskynsel deur uitstraling van die brabbeltaal van slawe, „simpele denkers" aanneemlik te maak (Het Zeer Nauwe Verband tussen Het Afrikaans en Het Nederlands, Kaapstad. 1914). Die sterkste en besgemotiveerde uitlating oor die moondikheid van *n voor-Afrikaanse, Europees-Nederlandse oorsprong van die nou so tipies Afrikaanse eienaardigheid. is die van prof. Blancquaert („Handelingen van het 6e Vlaamsche Philologencongres," gehouden te Antwerpen in het Jaar 1923. pp. 60-69. Ek haal uit *n oordruk aan). Die voordrag het vereers die insameling van voorbeelde insake dubbele ontkenning met behulp van die kongreslede be-oog. veral uit Noord-Nederland. Die belangstelling is gewek deur die genoemde Nieuwe Taalgids-artikel van Bouman. wie se mening Blancquaert dan heel versigtig bestry op grond van byeengebragte dialektologiese gegewens uit Suid-Nederland oor die kwessie. Hy tree eers van Ginneken se veralgemeende psigologiese verklaring van (negerings)duplikasie by, gee kortliks die geskiedkundige verloop van die ontkenning in Germaans weer, en poog dan n verklaring

Sluiten