Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

van die tweevoudige ontkenning in Afrikaans volgens sy sintaktiese eienaardigheid na aanleiding van die „dubbele tendens in de Germaansche ontkenning, eenerzijds de neiging om steeds te verzwakken en zich op allerlei wijze te laten schragen en versterken; anderzijds de tendens om daarbij steeds te verschuiven naar het einde van den zin toe." Op hierdie basis wil hy sy beskouing, sy „hypothese" bou, soos hy dit versigtiglik noem, maar „zonder echter aan deze hypothese een absolute waarde te willen hechten en veeleer daarbij den eisch te stellen dat zij zou gecontroleerd worden..." (bis. 7).

Die twee tendense verduidelik hy aan die hand van die sinnetjies: ic en kan komen — ic en kan niet komen — ik kan niet komen — ik kan nie(t) komen NIET. Deur analogie „breidt zich het gebruik van het dubbele ,nie' uit tot de meer ingewikkelde zinnen" (bis. 8). Waar ons nie ... nie dan uit die omstandigheid voortgekom het dat die vroeère, in die nederlandse dialekte aanwesige, ontkenningspartikel en, ook vandag nog in uitgestrekte goue lewendig, in Suid-Afrika verdwyn het, en deur die verdubbeling vervang is, moet dit waar wees dat Afrikaans die en nie meer mag besit nie. Dit is dan ook inderdaad so, dat ons die ontkenningspartikel en in die Suid-Afrikaanse volkstaal vroeër wel geken het, maar dit vandag gladnie meer besit nie. Gebrekkige dokumentasie stel ons nie in staat om die uitgebreidheid van die en te kan bepaal nie. Tog noem ek hier 'n paar gevalle vir wat hulle wérd is.

Skipper Jan Symonsz maak nog gebruik daarvan in sy briewe aan die Opperkoopman Jan van Riebeek (1655). Hy sê bv. „de robben waren soo mager dat daar geen spek op en wassen..."; „wij houden hier noch 550 vellen, die noch niet gedroocht en sijn" (Dagverhaal, I, bis. 430); „de man riep als dat hy 't alleenigh niet klaren en kon" (ald., I, bis. 431). Maar die skipper is geensins konsekwent in sy gebruik nie. Teenoor hierdie voorbeelde staan meer wat ekwiwalent van aard is, en waar die en agterweë bly.

In sy enigste voorbeeld van slawe-Hollands lê Kolbe die volgende antwoord in die mond van 'n slavin-moeder oor wie en waar die vader van haar kind is: „Ik en weet het niet, vader al lang weg, vader ook lang na Holland toe" (Kolbe: Naauwkeurige Beschrijving,

Sluiten