Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

ens. II, 323). Waar kom sy daaraan ? Sy praat redelik Hollands, en 'n mens kan dit waag om te sê dat sy haar kennis van Hollands opgetel het deur haar aanraking met die blanke koloniste, veral met die by wie sy in diens was. Die slawe het toe trouens meesal 'n vorm van Maleis en Portugees gepraat, ondermekaar tenminste. Of sou Kolbe hier misgetas het ? Die veronderstelling skyn tog gewettig dat sommige koloniste die en as ontkenningspartikel wel deeglik in die 17e eeu gebesig het, sodat selfs die slawe (-vinne) dit soms van hulle oorgeneem het. Laat in die neêntiende eeu merk prof. Mansvelt nog op dat en as ontkennende bywoord as 'n argaïsme in Kaapland aangetref word, „doch algemeen is het vervangen door *t herhaalde ni" (Idioticon, bis. 42). Sy voorbeeld: „ek is jammer, lat hij niet 'n kom ni" i) maak 'n mens nuuskierig om te weet hoe dit presies uitgespreek is. In elk geval het dit nog ontkennende waarde, en sluit mooi aan by die hipotese van prof. Blancquaert.

Tog is daar 'n paar bedenkinge teen die beskouing. Uitwendige feite, waarop prof. Blancquaert trouens self wys, laat ek onbesproke, soos die absolute afwesigheid van 'n „ontkenning met tweemaal .niet' in de 16e en 17e eeuwsche teksten — en het is juist in de 17e eeuw dat die dubbele ontkenning moet bestaan hebben, opdat zij door de toenmalige uitwijkelingen, zou overgebracht geweest zijn" (bis. 6), of soos die eienaardigheid dat die differensiasie die rigting opgegaan het, dat daar in Suid-Afrika so'n algemene uitbreiding, in Europees-Hollands so'n byna algehele uitsterwing te konstateer val.

Vereers 'n beswaar van psigologiese aard. Vir prof. Blancquaert is die bygevoegde nie2 die versterkende partikel, wat in volle vorm verskyn, die eerste lid die een wat verswak is. „Ik kan NIE(T) komen NIET." Dit lê in die rigting van die historiese verloop. Maar nou is dit juis die geval dat die tweede lig agterweë kan bly sonder dat die ontkende gedagte daardeur in betekenis iets verloor. Wel voel n mens dat die sin dan van sy ritmiese beweging iets verloor

*) VgL hierby G. S. Overdlep: „Een Overgangsklank" (Onze Taaltuin, II, 1, blss. 44-45).

Sluiten