Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

het. Die belangrikste lid is en bly niev In die dae van onvastigheid in gebruik was dit dan ook me2 wat dikwels onderdruk is. En tog sou 'n mens, volgens die geskiedenis van die Germaanse ontkenning, met reg moes verwag het, soos prof. Blancquaert dit dan ook voorspieël, dat ntei kan verdwyn, maar nie2 nou die belangrikste faktor moet word. Dat soiets wel die geval is,-of besig is om te word, ontken die Afrikaanse taalgevoel ten stelligste, selfs daar waar die nte-lid reeds proklities aan 'n ander woord gevoeg is (niemand, e.d.m.). Dit lyk of dit vir iemand wat Afrikaans net uit geskrifte ken, byna onmoontlik is om met die beste wil van die wereld 'n juiste gedagte te vorm van wat ons verdubbeling is. Waar prof. Blancquaert 'n verklaring gee hoekom die dubbele „niet" in 17e eeus-Nederlands nie gedokumenteerd is nie, nl. om logiese redes, maar in Afrikaans wel, tas hy mis. Want die dubbele ontkenning is nie daarom gebruik omdat die Patriotters en die TweedeBewegers „juis alle eigenaardigheden van de Zuid-Afrikaansche spreektaal hebben willen stellen tegenover het algemeen Nederlandsch" nie, maar omdat die taalgevoel, die gevoel van die natuurlike taairitme in Afrikaans, dit eenvoudig vereis het, logies of nie. Enigiets anders sou 'n onding gewees het, 'n poging van geweld.

Dit kom my ook voor asof prof. Blancquaert die geskiedkundige verloop in een opsig verkeerd interpreteer. Die tweede opgemerkte tendens van die ontkenning „om ... steeds te verschuiven naar het einde van den zin toe", wat hy dan in die paar genoemde voorbeeldsinne verhelder, lyk my te veel na 'n feit wat op 'n toevalligheid, 'n uiterlike omstandigheid berus, liewers as een wat rekening met die wese van die ontkenning hou. As ons, argumentshalwe, die tendens in sy masjinale onverbiddelikheid 'n keer tot sy logiese eindpunt uitwerk, word duidelik wat ek bedoel. As nou die die eerste ontkenningspartikel nie in die loop van tye so verswak dat dit, soos en vroeër totaal wegval, die nie2 op sy beurt verswak en 'n versterkingswoord van node het, wat dan aan die einde moet kom, en daardie woord juis weer niet is, hoe gaan ons dit presies met analoge taal feite rym ? Ik kan komen nie(t) — Ik kan kom nie — nie(t) — Ik kan komen nie(t), e.v. Dit lyk my meer asof hierdie

Sluiten