Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

verklaring van die sintaktiese posisie van nte2 in Afrikaans vir die geval gemaak is. Dit sou seker nie so mooi gewerk het as die voorbeeldsinne 'n enkelvoudige werkwoord, sonder 'n hulpwerkwoord, (kan), gehad het nie. Want die verskuiwing na die einde in die waargenome sinne moet eenvoudig uit die aard van verskyning in gevalle van versterking by verbale ontkenning verklaar word, soos ek later sal probeer aandui.

As oorgang tot die volgende punt kan hier weer op die netelige aard van die probleem gewys word. Prof. du Toit het waarlik nie meer kon sê wat hy nog oor die saak glo nie. In sy proefskif plaas hy die nie ... nie onder dieselfde hoof as ander verdubbelinge, alles ten bewyse van Maleis-Portugese invloed (bis. 104, § 4). Dit doen hy na aanleiding van wat prof. Hesseling op bis. 117. § 70. van sy werk Het NegerhoUands der Deense Antillen (Leiden, 1905) oor sulke konstruksies meedeel. Hy gaan dus verder as Hesseling in 1897, hoewel Hesseling hom later op die standpunt skyn te plaas. („Tijdschrift voor Nederlandsche Taal en Letterkunde," XLI, onder titel: .Africana Utl Hy wys op die moontlikheid van invloed uit Angoolse Neger-Portugees). Maar in dieselfde werk onder die hoof „Nalezing" trek du Toit sy stelling so-te-sê terug. Hy skryf: „In hoeverre er nu verband gezocht mag worden tusschen het bekende Afrikaansche verschijnsel en dat in Nederland, valt bezwaarlijk uit te maken, daar het met de voorhanden gegevens onmogelijk te bewijzen is, dat het verschijnsel door de kolonisten uit hun volkstaal in Nederland is medegebracht, al is het evenmin aan te toonen, dat dit niet het geval is" (bis. XX). Sou hy in die laaste sinsdeel die deur oophou vir die moontlikheid van selfstandige ontwikkeling, of dink hy slegs aan Maleis-Portugees ? Dit is tog opmerklik hoe die probleem by hom wegkruipertjie speel.

Die Vraagstuk van sy Herkoms: b. Selfstandige Ontwikkeling.

Prof. Bosman laat dit in Ontstaan uitskyn, dat die eienaardigheid op Afrikaanse bodem wortel geskiet het (Inleidende opmerking, bis. 135), maar is nie duidelik op die punt nie.

Hy haal in elk geval ook ooreenstemmende „Hollandse voor-

Sluiten