Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

/sou dit op hierdie trap gestaan het. Nog n eind verder staan die tipe: / ... en Wolf kon ni genog praat ni om te fertel hoe sterk hy tog is ni ... W. 15 // Dit is enkel nog nodig dat ni na praat ad oorbodig moet gevoel word om die huidige stand te bereik, soos baie sinne van die aard by W. reeds getuig (W. 36). Natuurlik mag 'n mens hom die saak nie so voorstel asof die drie „Stufen" mechanies-reëlmatig op mekaar sou gevolg het nie. Daar is 'n deureenvlegting van die rigtinge, maar die algemene neiging is tog baie duidelik: die om-re-uitbreiding, wat in die normale sldkking altyd op *n werkwoord uitklink, word ook nou binne die ontkenningseenheid gehaal, of die afsluitings-nie verskuif al verder na die einde van die hele verbale om-te-uitbreiding wat van die nexus afhang en rond nou ook ritmies af wat reeds grammaties en psigologies saamhoort — 'n geval wat daarom te meer moontlik word deurdat nie2 nogeens na 'n ww. te staan kom.

(b) Die verloop is nogeens parallel hiermee in die geval van adverbiale uitbradinge. Dit kan in die volgende voorbeelde nagegaan word: I 1. (vergelyking), VII (rigting), W. 13 (voorwaarde), 18 (oorsaak), 19 (vergelyking), 21, 22, 24 (doel), 33, 34 en 39 (tyd); 35, 37. Twee verskillende stadia toon die sinne: / Mar praat ni hoe hy di slag nüs ni en hoe di trane uit syn oge loop ... W. 21 //, waar die tweede newegeskikte bysin nie2 mis, maar al kry in: / Moeni praat ni hoe Wolf syn kop hang en hoe syn hart nou foei ni, na ... W. 35 //

(c) Presies dieselfde weer in die geval van Objeks-uitbreidinge Vgl. I 2, Hit. IH2, W. 6, 11, 12, e.v.

Daar is dus 'n duidelike ontwikkelingsgang in die gebruik van nie2 as afronding van die negatiewe eenheid te bespeur. Sou daar nog ander motiewe in die rigting werksaam gewees het ? Professore M. C. Botha en J. F. Burger sê in hulle skoolboek Afrikaanse Grammatika (Kaapstad, 6e druk 1929): „Wil ons dus die dubbele ontkenning reg gebruik, dan is die eerste vereiste dat ons logies en korrek sal dink, d.i. presies sal weet wat ons wil ontken" (bis. 25). Hier is nie van ontkenning as sodanig sprake nie, maar van die sogenoemde „dubbele ontkenning" en sy korrekte gebruik. Nou weet ek nie, met die oog op die voorgaande, of von Wielligh

Sluiten