Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

binne die nexale ontkenning voortlewe as iets normaals, en al die tyd, let wel, terwyl die nexale ontkenningspartikel vol klink.

Aan die hele beskouing knoop hom 'n teoretiese kwessie vanself vas, nl. wat is presies die versterking ? Is die tweevoudige ontkenning in sy primaire vorm ontstaan as gevolg van 'n gevoelde behoefte na meerdere versterking, of het die wisselwerking van die spesiale en nexale ontkenningstipes 'n produk gelewer met 'n tweevoudige ontkenning, sodat die behoefte na algemene versterking nie die eerste dryfkrag was nie, maar die gevolg is, die toevallige uitkoms ? Wat is hier eintlik primair en wat sekundair ?

Ek twyfel of ons die saak gou en ver-goed gaan uitmaak deur ons slegs aan een van die twee moontlikhede alleen te wil vasklem. Die geskiedenis het oortuiend die bewys gelewer hoedat nuwe, in betekenis (gevoel) frisse, in vorm volle, ontkenningsmiddele aangevoer word om 'n betekenis-vergrysde en in vorm uitgeteerde partikel te kom help en eventueel te vervang. Daarlanges en dit by wyle kruisend vloei 'n ander stroming, om binne die nexale verband nog 'n spesiaal-ontkende begrip uit te bring. Dat die wisselspel maklik tot 'n gevolglike tweevoudige ontkenning aanleiding gee, blyk nog daaruit dat die besondere na-vorebrenging van 'n spesiaal-, met frisse krag ontkende begrip, ook op die gewone manier geskied om die begrip in 'n sintakties opvallende plek te stel, nl. aan die begin, of altans meer na die begin toe. / Geeneen het ek daar gesien nie / Nooit of (te) nimmer sal ek my toestemming daartoe verleen nie / Want niks kan imand fan bobejaan syn oge wegsteek ni, W. 32 // Daardeur kan hierdie spesiale negasie effens verwyderd raak van die nexaal-ontkennende modale woord, sodat die spesiale ontkenning as 'n globaal-geslote eenheid in die ontkenningssin gevoel word, ewe-as 'n kragtige positiewe groep daarbinne kan staan. Bv. / Hett keen Minsch de Piep nich sehn ? — Meyer, p. 89 // Tog is die verwydering nie eers noodsaaklik nie. Ek siteer nogeens uit Meyer, bis. 89: / Min ganze Hof, op den ik nix nich schullig bin / Kannst du din Sorgen nümmer ni vergeten ? // Nix kan as 'n positiewe eenheid gevoel word, ewe-as bv. fen mark, of zero, en nümmer as 'n duidelike temporale

Sluiten