Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

The Philosophy of Grammar weer probeer bewys dat die grense tussen adverbia, preposisies en voegwoorde dikwels nie te trek is nie, dat daar geen voldoende redes bestaan om hier van aparte rededele te praat nie, dat hy dit gevolglik gewettig beskou om hulle saam te groepeer as „particles" (t.a.p., blss. 87—92). Vgl. nog Wundt: Die Sprache. I, 596 en Sütterlin: Deutsche Sprache, bis. 90. Teen onnodige eensydigheid moet egter ook gewaak word — 'en selfs die groot Jespersen is menslik genoeg om by-tye eensydig te wees.

As ons die gevalle hierbo beskou, kan die gevonde onderskeid wel 'n nuttige aanduiding word. Die koersbywoord staan in so'n innige verband met die werkwoord van beweging, sodat daar 'n nuwe kompositum met 'n eenheidsaksent kan ontstaan: / inklim, voortgaan, toeloop, uitspat, saamstel, // e.d.m. Wat die graad van die vastigheid by die samestelling, en waar die plek van die woordaksent is, raak ons hier nie. Dit is alleenlik belangrik om te sien hoe die adverbiale bepaling meer en meer nexaal geword het, hoe dus die werkwoordelike aantrekkingskrag ook hier in volle intensiteit sy rol speel. Om die moontlike gang duidelik te maak (die „figürlich -innere sprachform"), kan 'n mens hom gevalle soos die volgende in die gees roep: (Klim in die kar dat ons kan ry — Draai die slinger voor en as die enjin vat, kom klim in (die kar) dat ons kan ry — Het jy al ingeklim ? / en / Het jy die perd al opgesaal ? (uit die saai op die perd gesit) — Nou, klim dan op en ry! // Dit hoef nie die enigste manier te wees waarop die voorsetsel bywoordehk, d.i. vaster in die werkwoordelike sfeer, kan geraak nie, maar toon tog wat die ou Latynse grammatici bedoel het met: „Omnis pars orationis migrat in adverbium". Mencken sê iewers: „John Home Tooke; despairing of bringing (the adverb) to any order, even in the most careful English, caDed it, in his 'Diversions of Purley', 'the common sink and repository of all heterogeneous and unknown corruptions'" (t.a.p., bis. 306).

Alleenlik kan hierdeur weer 'n dualisme ontstaan wat (soms) in twee rigtinge moet bevredig word — presies soos vroeër by die ontkenning duidelik geblyk het. Die nexale aard is so algemeen dat die spesiale aard in bepaalde omstandighede volledig binne-in die

Sluiten