Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

of: het nie gegaan // ens. Maar waar het die proses begin, by die praesens en futurum ? — en hoekom nie by die praesens en imperfektum nie ? — sou die gebiedende wyse hier ingewerk het ? ens.

Prof. Bosman gaan vir die moontlikheid uit van praesens en futurum, te oordeel na sy voorbeeldsinne. Die ineenvloeiing lyk dan goed moontlik, die „tweeslagtigheid" minder ernstig. Raadpleeg ons 'n werk soos Die Negation in den Werken Alfred's (M. Rauert, Kiel, 1910), waarin die verskynsel ook statisties behandel is, lees ons bv. i.v.m. die „Kwalitatiewe" ontkenning (hy is uit die skool van Mourek): „Von den 87 belegten Pillen kommen 40 auf den Sing. des Indik. Praes., 16 auf d enPlur. desselben Tempus, die übrigen auf das Prat." (bis. 5) — dus geen Futurum-gevalle nie 1 „Es sind 37 Fille belegt und zwar fallen 14 Belegstellen auf den Sing. Praeses., 15 auf den Plur.; für den Sing. des Prat. sind 5 Falie, und für den Plur. 3 Falie belegt" (bis. 50) e.v. Of ons soveel van die Futurum mag uitgaan ? Dan moet die kontaminasie veral met Praes. en Praet.-gevalle werk. en dit kan al lastig bewysbaar word, so op die oog altans (kyk egter verder).

Ook sulke faktore kan kontaminasie in die weg staan en moet eers, lyk dit my, as kragteloos aangetoon word om die proses hier aanneemliker te maak. As: oproep en kommandeer aanldding gee om van opkommandeer te praat, geskied hier ineenskuiwing van twee „terme" wat op dieselfde hoogte lê, waar geen tweeslagtigheid in soort is nie. Of ons dit van die sintaktiese kontaminasie altyd kan sê ?

Die oorwegings skyn my duidelik genoeg om ons te dwing om ook op ander moondikhede te let.

In al hierdie verdubbelingsgevalle is gehandel met partikels, sogesegde gevoelswoorde (van Ginneken, t.a.p.) wat hulle ontstaan te danke het aan die behoefte (gevoel) om verhoudinge of modaliteite (in 'n breë sin) uit te druk. Dit is hierdie synsemantika, hierdie partikels waarvan sommige 'n bepaalde eenheid kan omring, nl. wanneer die rigting daarvan ontkenning, pleksbeweging, vergelyking in die positief, duurperfektivering of (en) algemene onbeslistheid, is. Om dit hier nogeens nader te omskryf is onnodig.

Dit het geblyk, by sommige duidelik, (niemand ... nie; tut... uit).

Sluiten