Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

nie. Tog wil ek argumentshalwe aanneem dat daar geen verskil bestaan nie (die verband skyn immers daarop te wys), en maak dan daarop attent dat so'n toestand in die gegewe geval van dialekvermenging by die taalaanlerende kinders en die taaladopterende vreemdelinge 'n gevoel van onsekerheid kan veroorsaak, asook by die normadapterende dialeksprekers, en 'n ander dryfveer kan word om in dieselfde rigting van die Afrikaanse ontkenningswyse te stuur, die psigologiese motiewe te steun. Dat daar selfs 'n verband bestaan tussen die onsekerheid by die nexale en spesiale tipes, soos aangetoon, en die psigologies-gemotiveerde vertweevoudiging, vermoed ek wel, maar kan dit nie bepaal nie.

Ewe moeilik om uit te maak is die moontlike rol wat die kind by die ontstaan en verspreiding van die verskynsel kon gespeel het. In die leerryke hoofstuk oor „Paral lel en zwischen der Sprachentwicklung des Individuums und der Gattung" gee Clara en W. Stern die ou teoretiese indeling weer (Die Kinder sprache*, Leipzig, 1922, blss. 262-280): ,,Diejenigen Seiten des Sprachprozesses, die aus inneren, spontanen Entwicklungstendenzen geistigen Lebens hervorgehen, können ontogenetisch und phylogenetisch Paralellen zeigen; diejenigen Seiten, welche durch Ausseneinflüsse bestimmt werden, mussen Disparitaten zeigen" (ald., bis. 264). Aan die praktiese kant, om die ewe in watter hokkie dit geklassifiseer word. toon die kindertaal heelwat neiginge in die ontkenningswyse aan, wat met die Afrikaanse verskynsel ooreenslaan. Ongelukkig is die probleem van die kant nog nie sistematies bestudeer nie. Maar uit die genoemde werk van C. en W. Stern bring ek twee opmerkinge na vore: ,,Die Verneinung wird von G oft verdoppelt: kann nich die tiir nich aufmachen." (bis. 113; ouderdom 3^ jaar.) Let op die oft. Jammer dat daar geen spesiale ontkenninge bevoorbeeld is nie! In die bostaande geval openbaar die sog. gevoelsverspreiding hom. Verder is daar in die kindertaal 'n neiging tot agteruitskuiwing van die ontkenningspartikel na die einde. „Vielleicht ist es aber gerade bei dieser Erscheinung notwendig, nochmals darauf hinzuweisen, dass es sich um nichts weniger als ein ausnahmslos wirkendes Gesetz, vielmehr nur um eine haufig durchbrechende Tendenz handelt. Es gibt Falie in denen unmittelbar nebeneinander

Sluiten