Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Hul was omtrent 'n jaar verloof,

En sal nou spoedig trou;

So's hij terugkom van sij tog, Dan wordt hul man en vrou.

Dit was die laaste dag van Maart,

En morre sal hij trek.

Hul sit nog tot die hoenders kraai, Toe vat hij om haar nek.

En seg: "Mij kind, die tijd is om;

Die skeidingsuur is daar;

Mar ek vertrou ons liewe Heer Breng ons weer bij makaar!"

Die traantjies rol toe o'er haar wang:

Haar Eduard gaat weg.

Sij snik: "Mij hart, kom tog gou weer, So as jij het geseg!"

Die wa'ens staat al voor die deur;

Die pêrde graaf die grond;

Die iong sit op die bok en wag; Die daglig skijn al rond.

En Eduard, hij ruk hom los:—

Eén spring! — hij 's op die wa'; Rol af die sweup; waai eenslag o'er En laat die pêrde ja'.

Daar trek die brawe jonkman nou!

Mar wanner kom hij weer?.... Ag, wat 'n mens oek doet of wens, Sij lot beskik die Heer!—

Vèr o'er die Groot- en Vaalrivier

Swerf hij 'n lank tijd om;

Sij Lenie sug gedurig mar:

Wanneer sal hij tog kom?

Sluiten