Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

"Daar is mij hand, ek sweer jou trou;

Mij aardse skat daarbij,

As loon ver jou standvastigheid,

Sal jij nou albei krij.

"Want wat jij van die diamant

Gehoor het, dit is waar;

Sij het die vuurproef deurgestaan"... En daarmee was dit klaar.

Sij het hom alles uitgeleg;

Dat sij dit het gedaan Om tog te sien, wie of die proef Uit liefde deur sou staan.

Hij kon sij ore nie geloof,

Toe sij dit alles seg.

Haar vader, toe hij dit vernam, Verklaar di's alles reg.

Om kort te gaan, dit duur nie lank

Of hulle was getrou.

Hul 't toe 'n fraaie plaas gekoop, 'n Nuwe huis gebou.

Hul leef gelukkig en geëerd;

Haar ouwers woon oek daar.

Want Hendrik sen was lank al dood. — En nou 's mij vers oek klaar.

Alleen nog: jul kan wel begrijp,

Hoe snaaks die kerels kijk, Wat dag, dat sij so arm mar was, En uitvind, sij was rijk!

Nou, vrinde, leer uit die verhaal,

Dat liefde word beloon, So's Hendrik en Fidelia Jul duidlik het getoon.

Sluiten