is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Wild gebruis van bometop; dansgedreun en skildgeklop; vuurgeglim van onder-op —

hel-tafrele!....

Vlammend rijs sijn speer oplaas! Stiller word die krijgsgeraas. Nagwind waai met breed geblaas sijn bevele.

„Hoor die seun van Matchobaan! Ha! die witman kom weer aan! Tweemaal het hij ons verslaan, maar nie weer nie.

„Lewend afgeslag is hul,

ha! die swarte en witte bul;

maar die witte, ha! hij brul

nou nie meer nie.

„Dans dan bij die nu we maan! Sing die seun van Matchobaan! Slag nou van die voorpoot aan vette beeste!

„Slag die offerbeeste hier;

gooi hul in die groot rivier met die pronkkalbasse bier

vir die geeste!

„Laat die dokter uit jul drom wijs deur wie die onheil kom oor die Matabeledom —

laat hom braaie.