is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Wije watervoor

op die ertjie-land

raak in groen verloor.

Water staat aan brand

tussen ertjie-blomme in die sonnegloor.

Koringvelde, vol,

swaar en rijk van aar,

soos die seeë rol,

soos die see vergaar

sonne-goud en tinte op hul boesem, bol.

Yrool'ke mossie-skaar (Skoon die oggenddouw lê op steel en blaar)

klim die hemelblouw,

skouw die vlam-juwele, tussen groen, van daar.

In die vroeë bos wilg en populier staan in lente-dos,

sonnegoud versier.

In 'n sang van vreugde bars die vinke los.

Die plante-wêreld stoei

uit sij winter-droom.

Nuwe lewe broei

op die sonne-stroom.

In die boer se are nuwe lewe vloei.